Mahmoed I | |
---|---|
Sultan van die Ottomaanse Ryk Kalief van Islam | |
Volle naam | Sultan Mahmoed I |
Ottomaanse naam | محمود اول |
Tydperk | 1730–1754 |
Stadium | Stagnasie van die Ottomaanse Ryk |
Huis | Osman |
Voorganger | Ahmet III |
Opvolger | Osman III |
Toegra |
Mahmoed I (Ottomaanse Turks: محمود اول, moderne Turks: I.Mahmut; 2 Augustus 1696 – 13 Desember 1754), genoem die Boggelrug, was van 1730 tot 1754 sultan van die Ottomaanse Ryk. Hy was die seun van Mustafa II en die ouer broer van Osman III, wat hom opgevolg het.
Sy voorganger, sy oom Ahmet III, was toenemend ongewild weens sy uitspattigheid en hervormings. Op 20 September 1730 is hy in ’n opstand gedwing om te abdikeer en Mahmoed het hom opgevolg. Mahmoed se bewind is gekenmerk deur suksesvolle oorloë teen Persië, Oostenryk en Rusland. Hy is op 13 Desember 1754 kinderloos dood.