Malusi Gigaba | |
Malusi Gigaba in 2016 | |
Ampstermyn 26 Februarie 2018 – 13 November 2018 | |
President | Cyril Ramaphosa |
---|---|
Voorafgegaan deur | Ayanda Dlodlo |
Opgevolg deur | Blade Nzimande (wnd.) |
Minister van Finansies
| |
Ampstermyn 31 Maart 2017 – 27 Februarie 2018 | |
President | Jacob Zuma Cyril Ramaphosa |
Voorafgegaan deur | Pravin Gordhan |
Opgevolg deur | Nhlanhla Nene |
Ampstermyn 25 Mei 2014 – 31 Maart 2017 | |
President | Jacob Zuma |
Voorafgegaan deur | Naledi Pandor |
Opgevolg deur | Hlengiwe Mkhize |
Minister van Openbare Ondernemings
| |
Ampstermyn 1 November 2010 – 25 Mei 2014 | |
President | Jacob Zuma |
Voorafgegaan deur | Barbara Hogan |
Opgevolg deur | Lynne Brown |
Adjunkminister van van Binnelandse Sake
| |
Ampstermyn 29 April 2004 – 1 November 2010 | |
President | Thabo Mbeki Kgalema Motlanthe Jacob Zuma |
Opgevolg deur | Fatima Chohan |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 31 Augustus 1971 Eshowe, Suid-Afrika[1] |
Politieke party | African National Congress (sedert 1990) Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (tot 1990) |
Alma mater | Universiteit van Durban-Westville |
Knowledge Malusi Nkanyezi Gigaba (gebore 30 Augustus 1971 Eshowe) is 'n voormalige kabinetslid van Suid-Afrika. Hy was voorheen die Minister van Finansies, die jongste minister wat die amp beklee het. President Jacob Zuma het hom op 30 Maart 2017 as opvolger van Pravin Gordhan aangestel. Hy is op 26 Februarie 2018 deur president Cyril Ramaphosa weer in sy vorige portefeulje as Minister van Binnelandse Sake heraangestel.
Hy het 'n B-graad in Opvoedkunde en 'n meerstersgraad in die sosiale wetenskappe. Hy het 14 jaar lank in 'n regeringspos gedien. In 1990 het hy by die ANC-jeugliga aangesluit en ses jaar later het hy die liga se president geword, vir 8 jaar lank. Hy was 'n lid van die parlement en is in November 2010 deur president Zuma as Minister van Openbare Ondernemings aangestel. Hy probeer sonder sukses om die Suid-Afrikaanse Lugdiens te hervorm en in 2014 word hy die Minister van Binnelandse Sake.[2]
Sy aanstelling as Minister van Finansies is met wantroue deur die internasionale bankwêreld begroet. Die Suid-Afrikaanse rand het met 4% geval en S&P Global het Suid-Afrika se kredietgradering op 3 April 2017 van BBB- na BB+ verlaag, wat gewoonlik met rommelstatus aangedui word. Die rand het hierna nog 'n verdere 2% verloor.[3]
Gigiaba het op 13 November 2018 as Minister van Binnelandse Sake en ook as parlementslid bedank, nadat sy seksuele skandes op die lappe gekom het. Vervolgens is Blade Nzimande vir 10 dae as waarnemende Minister van Binnelandse Sake aangestel.[4] Hy is weer opgevolg deur Siyabonga Cwele.