Margaret Bourke-White | |
---|---|
Bourke-White tuis, 1964. | |
Gebore | |
Sterf | 27 Augustus 1971 (op 67) Stamford, Connecticut |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Beroep | Fotograaf |
Eggenoot | Everett Chapman Erskine Caldwell |
Margaret Bourke-White (14 Junie 1904 – 27 Augustus 1971) was ’n Amerikaanse fotograaf en dokumentêre fotograaf. Sy was die eerste buitelander wat toegelaat is om foto's van nywerhede in die Sowjetunie te neem, die eerste vroulike oorlogskorrespondent (en die eerste vroulike fotograaf wat toegelaat is om in oologsones te werk) en die eerste vroulike fotograaf vir die tydskrif Life – haar foto het op die eerste uitgawe verskyn.[1]
Sy is in 1971 in Connecticut, VSA, aan Parkinson-siekte dood, sowat 18 jaar nadat sy die eerste simptome gewys het.