Die fees Mariageboorte word in die kerkjaar van die Rooms-Katolieke Kerk, die Oosters-Ortodokse Kerk en die Anglikaanse Kerk op 8 September gehou. Dit herdenk die geboorte van Maria, die moeder van Jesus van Nasaret.
Die moderne Bybelse kanon verwys nie eksplisiet na Maria se geboorte nie. Die vroegste bekende beskrywing na Maria se geboorte is in die Proto-Evangelie van Jakobus (5,2), 'n apokriewe boek uit die laat tweede eeu, waar haar ouers, Sint Anna en Sint Joachim genoem word, te vinde.[1]
In die geval van heiliges herdenk die Rooms-Katolieke Kerk hul sterfdatum, met Sint Johannes die Doper en Maria wie se geboortedatums ook herdenk word. Die rede hiervoor is die unieke sending wat elkeen in die verlossingsgeskiedenis gehad het,[2] maar tradisioneel ook omdat hulle (nes die profeet Jeremia, Jeremia 1,5[3]) vanaf geboorte heilig was (Maria weens die Onbevlekte Ontvangenis; Johannes is volgens die tradisionele interpretasie van Lukas 1,15 in Sint Elizabeth se baarmoeder geheilig).[4]
Toewyding aan die onskuld van Maria onder hierdie Mariatitel word in baie kulture oor die hele wêreld gevier. Tientalle kerke is aan die leerstelling van Mariageboorte gewy.
Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel.
want hy sal groot wees in die oë van die Here. Wyn en bier sal hy glad nie drink nie, en reeds van sy geboorte af sal hy met die Heilige Gees vervul wees.