Marita Napier | |
---|---|
Die Suid-Afrikaanse operasangeres Marita Napier, afgeneem op 'n vlug na Delhi. | |
Agtergrondinligting | |
Gebore | 16 Februarie 1939 Johannesburg, Suid-Afrika |
Sterf | 10 April 2004 Kaapstad, Suid-Afrika |
Beroep(e) | Operasangeres |
Marita Napier (gebore Johannesburg 16 Februarie 1939, oorlede Kaapstad 10 April 2004) was een van die grootste Suid-Afrikaans operasangers van die 20ste eeu. Sy het op al die vernaamste operafeeste in Europa gesing – onder meer Bayreuth, Aix-en-Provence, Verona, München, Wiener Festwochen en Maggio Musicale Florence, asook in die voorste operahuise soos dié van Hamburg, München, Berlyn, Wene, La Scala (in Milaan), Parys, Covent Garden (in Londen), Liceo, Teatro Colon, San Francisco en die Metropolitan (in New York).