Marlene van Niekerk | |
---|---|
Gebore | 10 November 1953 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Skrywer |
Bekend vir | Haar roman, Triomf |
Marlene van Niekerk (gebore 10 November 1954) is ’n veelbekroonde, internasionaal bekende Afrikaanse skrywer en digter, wat professor is in Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van Stellenbosch. Onder die vele pryse wat haar skryfwerk verower is onder andere die Hertzogprys vir prosa en ook vir poësie.