Marthinus Smuts Daneel | |
Ds. Marthinus Smuts Daneel
| |
Naam | Marthinus Smuts Daneel |
---|---|
Geboorte | 27 Mei 1869 Heidelberg, Kaapkolonie |
Sterfte | 26 Junie 1937 Durbanville, Kaapland |
Kerkverband | Nederduits Gereformeerd |
Gemeente(s) | Calvinia (1898–1906), Fraserburg (1906–1914), Victoria-Wes (1914–1934) |
Jare aktief | 1898–1934 |
Kweekskool | Kweekskool, Stellenbosch |
Sendingwerk | Paarl |
Ds. Marthinus Smuts Daneel (Heidelberg, Kaap, 27 Mei 1869 – 26 Junie 1937) was ’n predikant in drie gemeentes van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, naamlik Calvinia van 1898 tot 1906, Fraserburg van 1906 tot 1914 en toe Victoria-Wes tot sy aftrede in 1934.
Volgens D.A. Kotzé kan van ds. Daneel gesê word "dat hy hom hart en siel beywer het vir die geestelike en tydelike belange, nie alleen van die gemeente nie, maar ook van dorp en distrik (Fraserburg) in die algemeen. Hy was 'n wakker leier op wie se beslissing die gemeente in tye van twyfel kon reken. Ds. Daneel was 'n man uit 'n stuk, 'n man wat wis wat hy wou."