Marthinus Theunis Steyn | |
Ampstermyn Maart 1896 – 31 Mei 1902 | |
Voorafgegaan deur | F.W. Reitz |
---|---|
Opgevolg deur | Amp afgeskaf |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 2 Oktober 1857 Rietfontein, Winburg, Oranje-Vrystaat |
Sterf | 28 November 1916 (op 59) Bloemfontein, Suid-Afrika |
Eggenoot/-note | Rachel Isabella Steyn |
Kind(ers) | Dr. Colin Steyn, Hannah Fichardt, Gladys Steyn, Tibbie van der Merwe, Emmie du Toit |
Alma mater | Grey-kollege Universiteit Leiden |
Professie | Prokureur |
Religie | Nederduits Gereformeerd |
Marthinus Theunis Steyn (Rietfontein, Winburg, Oranje-Vrystaat 2 Oktober 1857 – Bloemfontein, 28 November 1916) was 'n Suid-Afrikaanse politikus en staatsman, en die sesde en laaste Staatspresident van die Oranje-Vrystaat van 1896 tot 1902. Die fregat SAS President Steyn is na hom vernoem.