Meitei, Manipuri ꯃꯩꯇꯩꯂꯣꯟ | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Indië Bangladesj Mianmar | |
Gebied: | Suid-Asië | |
Totale sprekers: | 1,5 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Sino-Tibettaans Tibeto-Birmaans Meitei, Manipuri | |
Skrifstelsel: | Meitei-alfabet, Oostelike Nagari-alfabet, Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Indië[2] | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalbedreigingstatus | ||
EXUitgestorwe taal NE
Nie bedreig nie Dit is 'n kwesbare taal volgens die UNESCO-wêreldatlas van bedreigde tale.
| ||
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | mni
| |
ISO 639-3: | mni
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Meitei (ꯃꯩꯇꯩꯂꯣꯟ), ook Manipuri genoem, is 'n Tibeto-Birmaanse taal wat deur sowat 1,5 miljoen mense in Noordoos-Indië, Bangladesj en Mianmar gepraat word. Meitei is een van die amptelike tale van Indië naas Engels en Hindi. Meitei word met die Meitei-alfabet, die Oostelike Nagari-alfabet of die Latynse alfabet geskryf. Dit is die amptelike taal van die deelstaat Manipur en staan vir amptelike doeleindes as Manipuri bekend. Daarbenewens word Meitei in die aangrensende deelstate Assam en Tripura gepraat.