Melbourne-krieketveld | ||
2017 AFL Grand Final panorama gedurende die speel van die nasionale lied
| ||
Bynaam | The MCG, The "G" | |
---|---|---|
Ligging | Melbourne, Victoria, Australië | |
Koördinate | 37°49′12″S 144°59′0″O / 37.82000°S 144.98333°O | |
Eienaar | Regering van Victoria | |
Operateur | Melbourne Krieketklub | |
Kapasiteit | 100 024 | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Geopen | 1853 | |
Huurders | ||
Melbourne Football Club (1858–hede) Richmond Football Club (1965–hede) Collingwood Football Club (1993–hede) Hawthorn Football Club (2000–hede) Australiese nasionale krieketspan (1877–hede) Victorian Bushrangers (1851–hede) Melbourne Stars (BBL; 2011–hede) Melbourne Stars (WBBL; 2015–hede) |
Die Melbourne-krieketveld (Engels: Melbourne Cricket Ground, kort MCG), ook bloot bekend as "The G",[1] is 'n Australiese sportstadion geleë in Yarra Park, Melbourne, Victoria. Dit is die tuiste van die Melbourne Krieketklub.
Dit is die tiende grootste sportstadion ter wêreld, die grootste in Australië, en die grootste in die Suidelike Halfrond, die grootste krieketstadion volgens kapasiteit, en het die hoogste spreiligtorings van enige sportplek.[2]
Die MCG is binne loopafstand van die stadsentrum en word bedien deur die Richmond- en Jolimont-stasies, Oos-Melbourne. Dit is deel van die Melbourne Sport- en Vermaaklikheidsgebied. Dit is tydens die Krieketwêreldbeker 1992, die Krieketwêreldbeker 2015 en die T20I-wêreldbeker 2022 ingespan, asook tydens die Olimpiese Somerspele 1956 en die Olimpiese Somerspele 2000.