Menelaos | |
---|---|
Koning van Sparta | |
’n Marmerborsbeeld van Menelaos.
| |
Voorganger | Tindareos |
Vrou | Helena |
Kinders | Hermione Nikostratos Megapentes Aithiolas Marafios Pleistenes |
Vader | Atreus |
Moeder | Aërope |
Menelaos (Grieks: Μενέλαος) was in die Griekse mitologie die koning van Sparta, die man van Helena van Troje en die seun van Atreus en Aërope. Volgens die Ilias was Menelaos ’n sentrale figuur in die Trojaanse Oorlog – hy het ’n Spartaanse afdeling aangevoer van die Griekse leër, wat onder leiding was van sy ouer broer Agamemnon, koning van Micene. Hy is prominent in die Ilias én Odussee, sowel as op geverfde Griekse vase – eerder as ’n held van die Trojaanse oorlog as lid van die gedoemde Huis van Atreus.