Menelik I | |
---|---|
Keiser van Ethiopië | |
Dinastie | Huis van Salomo |
Bewind | 10de eeu v.C. |
Voorganger | Geen |
Vader | Koning Salomo |
Moeder | Koningin van Skeba |
Menelik I (Ge'ez: ምኒልክ Mənilək) was die eerste keiser van Ethiopië van die Salomoniese Dinastie. Volgens die Kebra Nagast, ’n 14de-eeuse geskrif, het hy in die 10de eeu v.C. Ethiopië se Huis van Salomo gestig – dit is so genoem omdat Menelik glo die seun was van die Bybelse koning Salomo en Makeda, die Ethiopiese koningin van Skeba.[1][2]