Metis, tussen November 1996 en Junie 1997 afgeneem deur die Galileo-ruimtetuig. | |
Ontdekking | |
---|---|
Ontdek deur | S. Synnott |
Datum | 4 Maart 1979 |
Alternatiewe name | Jupiter XVI |
Wentelbaaneienskappe | |
Periapside | 127 974 km (geraam) |
Apoapside | 128 026 km (geraam) |
Wentelbaanradius | 128 000 km (1,792 RJ) |
Eksentrisiteit | 0,0002 |
Wentelperiode | 0,294780 dae |
Gem. omwentelingspoed | 31,501 km/s |
Inklinasie | 0,06° (tot Jupiter se ewenaar) |
Satelliet van | Jupiter |
Fisiese eienskappe
| |
Afmetings | 60×40×34 km³ |
Gem. radius | 21,5 ± 2,0 km |
Volume | ~42 700 km3 |
Massa | 3,6 ×1016 kg (geraam) |
Gem. digtheid | 0,86 g/cm3 |
Oppervlak- aantrekkingskrag | 0,005 m/s2 |
Ontsnapping- snelheid | 0,012 km/s |
Rotasieperiode | sinchronies |
Aksiale neiging | Zero |
Temperatuur | ~123 Kelvin |
Metis (Grieks: Μήτις), ook bekend as Jupiter XVI, is die heel binneste maan van Jupiter en die tweede kleinste van die planeet se vier binnemane. Dit is in 1979 deur Stephen P. Synnott ontdek op foto's deur Voyager 1 en is aanvanklik S/1979 J 3 genoem. In 1983 is dit hernoem na Metis, die eerste vrou van Zeus (die Romeinse god Jupiter se naam in die Griekse mitologie). In vroeg 1996 en September 2003 het die Galileo-ruimtetuig foto's van die maan se oppervlak geneem.
Die maan is baie asimmetries – die een deursnee is amper twee keer so lank as die kortste een. Dit is een van net drie mane in die sonnestelsel wat om ’n planeet wentel in ’n korter tyd as daardie planeet se dag; die ander twee is Adrastea (Jupiter) en Phobos (Mars).
Metis se wentelbaan val binne dié van Jupiter se hoofring en verskaf vermoedelik baie van die materiaal vir die planeet se ringe. Die maan se oppervlak is donker en het baie kraters, en lyk of dit ’n rooierige kleur het.
Dit wentel sowat 128 000 km van Jupiter af, binne-in die hoofring, om die planeet. Dit draai sinchronies met sy wentelperiode. Die wentelbaan word al hoe kleiner en die maan sal eindelik teen Jupiter bots.