Molteno, Oos-Kaap

Molteno
'n Tipiese straattoneel op Molteno.
'n Tipiese straattoneel op Molteno.
Molteno is in Oos-Kaap
Molteno
Molteno
 Molteno se ligging in Oos-Kaap
Koördinate: 31°23′46″S 26°21′47″O / 31.39611°S 26.36306°O / -31.39611; 26.36306
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieOos-Kaap
DistrikChris Hani
MunisipaliteitEnoch Mgijima
Stigting1874
Oppervlak
 • Totaal11,50 km2 (4,44 vk. myl)
Hoogte
1 590 m (5 220 ft)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal11 553
 • Digtheid1 005/km2 (2 600/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense2.7%
 • Indiërs/Asiërs0.1%
 • Bruin mense4.7%
 • Swart mense92.1%
 • Ander2.0%
Taal (2011)
 • Xhosa 89.3%
 • Afrikaans 6.5%
 • Engels 2.3%
 • Ander 2.0%
Poskode (strate)
5500
Skakelkode045
'n Uitsig op die dorp omstreeks 1900, foto geneem deur die plaaslike apteker en fotograaf Ambrose Lomax.

Molteno is 'n dorp in die Oos-Kaapprovinsie van Suid-Afrika. Dit was met die jare bekend vir die steenkoolmyne in die omgewing, daarna as die dorp waar die Kloktoring-medisynereeks van Ambrose Lomax ontstaan het, die setel van die Ouma-beskuitfabriek en die tuisdorp van die kunstenaar, skrywer en amateurgeskiedkundige Johannes Meintjes. Al word Sutherland as die koudste plek in Suid-Afrika beskou, is die laagste temperatuur in Suid-Afrika op die plaas Buffelsfontein in die distrik Molteno aangeteken, naamlik -18.6 ºC.[2]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Molteno". Sensus 2011.
  2. (af) WINTER: Die heel koudste plekke op aarde … Geargiveer 19 September 2013 op Wayback Machine.

Molteno, Oos-Kaap

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne