Mookgophong Naboomspruit | |
---|---|
Koördinate: 24°31′S 28°43′O / 24.517°S 28.717°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Limpopo |
Distrik | Waterberg |
Munisipaliteit | Modimolle–Mookgophong |
Stigting | 1873 |
Regering | |
• Tipe | Plaaslike Munisipaliteit |
Oppervlak | |
• Totaal | 27,18 km2 (10,49 vk. myl) |
Hoogte | 1 098 m (3 602 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 24 853 |
• Digtheid | 914/km2 (2 370/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 10.9% |
• Indiërs/Asiërs | 0.2% |
• Bruin mense | 0.4% |
• Swart mense | 88.1% |
• Ander | 0.5% |
Taal (2011) | |
• Noord-Sotho | 56.3% |
• Tsonga | 13.7% |
• Afrikaans | 10.9% |
• Sotho | 6.1% |
• Ander | 12.9% |
Poskode (strate) | 0560 |
Poskode (posbusse) | 0560 |
Skakelkode | 014 |
Webwerf | http://www.mookgophong.gov.za/ |
Mookgophong, ook bekend as Naboomspruit, is 'n dorp in die Limpopoprovinsie in die noorde van Suid-Afrika, sowat 40 kilometer suidwes van Mokopane (Potgietersrus) en aan die voet van die Waterberge. Die Afrikaanse naam kom van die nabome (Euphorbia ingens) wat daar groei.[2] Die “na” kom van die Khoikhoiwoord “geknap” wat sterk beteken. (Dit verwys na die sterk sap van die boom). Die dorp is in 2006 hernoem.[3]
Die spruitgedeelte kom waarskynlik van 'n fonteintjie wat regoor die gholfbaan 'n stroompie gevorm het wanneer dit reën.[2]