Motwortel | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Klade: | Commelinids |
Orde: | Poales |
Familie: | Poaceae |
Subfamilie: | Panicoideae |
Genus: | Cymbopogon |
Spesie: | C. marginatus
|
Binomiale naam | |
Cymbopogon marginatus (Steud.) Stapf ex Burtt Davy
|
Motwortel (Cymbopogon marginatus (Steud.) Stapf ex Burtt Davy[1] syn. Andropogon marginatus Steud., Andropogon nardus L. var. marginatus Hack.), ook in Afrikaans: akkewani (in Javaans verwys akar wangi na Chrysopogon zizanioides) of buffelsrooigras is 'n grasspesie wat in Suid-Afrika voorkom, maar nie hier endemies is nie. Die naam koperdraadgras word ook gebruik, maar dit word ook aan ander grasse gegee, soos C. excavatus, Elionurus muticus of Stiburus alopecuroides. Dit behoort tot die sitroengras-genus en sy aromatiese wortel word soms gebruik om te verhoed dat motte die wol van kleding opvreet.[2] In Vendaland word die rook van brandende motwortel ingeasem vir hoofpyne.[3]
Dié spesie word op die Suid-Afrikaanse rooilys aangegee as van minste kommer (LC),[4] en is ook nie vir verdere evaluasie uitgekies nie. In Suid-Afrika word die plant in die Wes- en die Oos-Kaap gevind.
Die spesie is 'n belangrike onderdeel van die renosterveldplantegroei[5] en een van die drie belangrikste voedselbronne van die Kaapse bergkwagga van die Nasionale Bontebokpark.[6]
Die plant vorm polle met regop stele wat 20–70 cm lank kan wees en aromatiese blare wat 2–5 cm breed en 15-35 lank kan word.[7]