Mufulira | |
---|---|
Koördinate: 12°33′0″S 28°14′0″O / 12.55000°S 28.23333°O | |
Land | Zambië |
Provinsie | Koperstreek |
Bevolking | |
• Totaal | 125 336 |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Mufulira is 'n Zambiese mynstad aan die suidelike grens van die huidige Demokratiese Republiek van die Kongo (die eertydse Belgiese Kongo) en is een van die vier groot plekke wat geheel en al danksy die ontdekking van koper hier in 1902 ontstaan het. Daar is eers in 1925 met die ontginning van koper begin. Sowat 10 000 blankes het van daardie jaar tot 1930 na dié deel van Zambië gestroom en hoewel hulle getalle met die Groot Depressie afgeneem het, het dit daarna tot en met onafhanklikwording skerp toegeneem.
In 1959 was die bevolking van 59 343, waarvan 7 312 blankes was. Tans (2010) is dit 141 270, oftewel die sewende grootste stad in Zambië.