Die NG gemeente Barrydale is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk met as middelpunt die dorpie Barrydale in die skilderagtige omgewing van die Langeberg aan die R62, 62,5 km suidoos van Montagu, 76 km suidwes van Ladismith en min of meer ewe ver (45 km) deur die Tradouwpas van Swellendam en Heidelberg. In 2014 het die gemeente 49 doop- en 211 belydende lidmate gehad. In daardie jaar was die leraar ds. W.J. van Zyl.
↑(af) Smit, ds. A.P. 1970. God het laat groei. Geskiedenis van die Bybelgenootskapsbeweging in Suider-Afrika 1820–1970. Kaapstad: Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika.