Die NG gemeente Beaufort-Wes, gestig op 16 Mei 1820, is die negende oudste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode van Wes-en-Suid-Kaapland en die 12de oudste in die hele Kerk. Hoewel die NG gemeente Somerset-Wes reeds in 1819 gestig is, word Beaufort-Wes se stigtingsdatum tradisioneel as 1819 aangegee en was die gemeente, toe gemeentes tot die middel jare 70 chronologies volgens stigtingsdatum in die Jaarboek van die NG Kerke gelys is, altyd die negende gemeente van die Kaapse Sinode met Somerset-Wes in die tiende plek.
Van Beaufort-Wes, wat vanweë sy ouderdom die moedergemeente van al die NG gemeentes in die Wes- en Noord-Kaapse Karoo is, het ses dogtergemeentes afgestig: Prins Albert (1842), Victoria-Wes (1843), Fraserburg (1851), Carnarvon (1874) (waarvan afgestig is: Prieska, Williston, Kenhardt, Upington (hoewel dit buite Sinodale verband gestig is en eers later by die Kaapse Kerk ingelyf is) en gedeeltes van Vosburg, Loxton en Brandvlei[1] en laastens op 22 Junie 1949 op Beaufort-Wes self sowel Gamkavallei as Gamka-Oos op Beaufort-Wes self.