NG gemeente Bronberg

Prof. dr. H.D.A. du Toit het in 1942 van die moedergemeente, Pretoria-Oos, oorgekom as die eerste leraar en hier gebly tot in 1948.
Bronberg se kerkgebou is ontwerp deur Hendrik Vermooten en ingewy op 22 Januarie 1955. Dié foto is omstreeks 1960 geneem toe die Uniegebou nog sigbaar was van die kerk af.
Ds. Hermanus Charles Kinghorn, leraar van 1947 tot 1950.
Dr. Louis Rex, leraar van 1948 tot 1953.
Ds. R.J. Raath, leraar van 1953 tot sy aftrede in 1976.
Ds. D.J. Viljoen, studenteleraar van 1955 tot 1957, toe hy studenteleraar word van die dogtergemeente Harmonie, waar hy sou bly tot 1964.
Dr. H.W. de Jager, leraar van 1962 tot 1967.

Die NG gemeente Bronberg was tot in die tagtigerjare van die vorige eeu een van die grootste gemeentes van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, nie net in Pretoria nie, maar landwyd. Ná die ingrypende demografiese veranderings vanaf omstreeks 1990 in die sentrale dele van die hoofstad is Bronberg in 2000 tesame met Arcadia (waarby Meintjeskop vroeër ingelyf is), Burgerspark en Harmonie by die ou moedergemeente Pretoria ingelyf.


NG gemeente Bronberg

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne