NG gemeente Calvinia

Dr. William Robertson, van 1832 tot 1833 die eerste leraar van die NG gemeente Clanwilliam, was die eerste leraar wat huisbesoek in die Hantamwyk gedoen het.
Die gemeente se tweede kerkgebou is in 1899 voltooi en in 1982 tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar. Die argitek was J.H. Gaisford (soms Gaysford gespel), van wie vandag niks bekend is nie, buiten dat hy dié kerk ontwerp het asook die NG kerke op Nieuwoudtville en Robertson. Die skoolgeboutjie op Philadelphia word ook aan hom toegedig.
Ds. E.F.H. de Roubaix het tydens sy dienstyd op Clanwilliam (van 1833 tot sy skorsing in 1843) hom beywer vir die afstigting van die Hantamwyk en herhaaldelik by die Ring hiervoor gepleit.
Die kerkraad van Clanwilliam het in 1837 besluit lidmate moes na die kerk op die dorp kom om hul kerklike voorregte uit te oefen. Dit het stukrag aan die beweging tot die afstigting van Hantam in 1847 en Namakwaland in 1850 gegee. Dié kerkie op Clanwilliam is eers in 1864 voltooi volgens 'n ontwerp van Carl Otto Hager, maar moes intussen weer plek maak vir die huidige kerkgebou, wat in 1964 in gebruik geneem is.
Ds. H.L. de Villiers se taak as leraar van die gemeente Clanwilliam (1845-1857) is enigsins vergemaklik deur die afstigting van die gemeente Hantam in 1847 en Namakwaland in 1850.
Die ou pastorie met sy kenmerkende drie gewels is omstreeks 1852 voltooi, maar is, nadat dit die gemeente 99 jaar gedien het, in die tweede helfte van die 20ste eeu gesloop. Dié foto is waarskynlik kort na die voltooiing van die kerkgebou vanuit die toring geneem. Die ry huisies op die agtergrond was tuishuise, 'n noodsaaklikheid in 'n uitgestrekte gemeente soos Calvinia, waarin kerkgangers oor naweke tuisgegaan het.
Prof. N.J. Hofmeyr en sy gesin. Hy was van 1851 tot 1858 die eerste leraar van Calvinia, wat op sy voorstel so genoem is ter ere van die kerkhervormer Johannes Calvyn. Van 1859 was hy een van die eerste twee hoogleraars aan die Kweekskool op Stellenbosch. Sy oudste kinders, onder wie ds. Adriaan Hofmeyr (in die middel met die kleuter op sy skoot), is op Calvinia gebore. Geertruida Kestell, eggenote van ds. John Daniel Kestell, is waarskynlik ook nog hier gebore (Julie 1858).
Die moedergemeente op Calvinia, wat aanbid in dié groot Neogotiese kerkgebou, het mettertyd kleiner geword sodat hier in 2012 net 393 belydende en 98 dooplidmate was, vergeleke byvoorbeeld met onderskeidelik 788 en 286 in 1984.
Ds. Gustav Adolph Scholtz was van 1878 tot 1882 die enigste leraar van die sogenaamde tweede gemeente op Calvinia wat onstaan het toe 'n groep invloedryke lidmate van die moedergemeente afgeskei het weens ontevredenheid met die Skotse ds. Thomas McCarter.
Die NG gemeente Calvinia-Hantam was in 1962 die laaste afstigting van die moedergemeente, wat in 1960 1 765 belydende lidmate gehad het. Die twee gemeentes se gesamentlike getal belydende lidmate het in die volgende halfeeu afgeneem tot 875. Dié kerkgebou is ontwerp deur Anthonie Smith.
Ds. William Robertson was leraar van Calvinia van 1883 tot 1889 toe hy moes bedank, maar hoekom hy tot die stap gedwing is, is nie bekend nie.
Die eienaar van die plaas Hoogekraal waarop die dorp Calvinia gestig is, veldk. Abraham van Wyk, het Hagenhuis in 1854 laat bou as sy dorpshuis. Dit is oor 'n tydperk van 10 jaar herstel en in 1983 tot 'n nasionale gedenkwaardigheid verklaar.
Ds. M.S. Daneel, leraar van 1898 tot 1906.
Ds. W.C. van der Merwe, leraar van 1947 tot 1950.

Die NG gemeente Calvinia is die 35ste oudste gemeente in die Nederduitse Gereformeerde Kerk en die 33ste oudste in die destydse Kaapse Kerk met, soos die naam aandui, sy middelpunt op die Noord-Kaapse dorp Calvinia, hoewel die gemeente vir kerklike doeleindes ingedeel is in die Sinode van Wes-en-Suid-Kaapland. Omdat dit die oudste gemeente in die omgewing is, het dit ook sy naam aan die Ring van Calvinia verleen, maar omstreeks die inlywing van Calvinia-Hantam by die moedergmeente het dié ring ontbind en Calvinia, Nieuwoudtville en Loeriesfontein by die Ring van Clanwilliam ingeskakel, terwyl Sutherland deel van die Ring van Worcester geword het.

Die gemeente se Neogotiese kerkgebou is in 1899 voltooi en in 1982[1] tot 'n nasionale gedenkwaardigheid verklaar. Naas die moedergemeente het tot 2016 op Calvinia ook die gemeente Calvinia-Hantam bestaan wat in 1962 die laaste afstigting van die moedergemeente en die eerste op die dorp was. Die moedergemeente het in 2014 98 doop- en 393 belydende lidmate gehad en Calvinia-Hantam onderskeidelik 107 en 481.

  1. Sahra.org.za[dooie skakel]

NG gemeente Calvinia

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne