NG gemeente Eloffsdal

Ds. C.A. Neethling, van 1909 tot 1919 Eloffsdal se eerste leraar.
Toe die NG gemeente Mootvallei op 1 September 2011[1] ontstaan uit die gemeentes Eloffsdal-Wes, Magaliesfort en Eloffsdal, is dié kerkgebou van laasgenoemde gemeente by Voortrekkerweg 619 (intussen verander na Steve Bikoweg), Gezina, reeds jare vantevore vervang deur 'n siersteengebou in die Neo-Bisantynse boustyl op die hoek van Klesserlaan en Fred Nicholsonstraat, Mayville.
Ds. M.J. du Preez. Hy was van 1920 tot 1929 Eloffsdal se tweede leraar en dit was ook sy tweede gemeente.
Ds. B.H. Swart, leraar van 1930 tot sy dood in die amp op 29 Mei 1945.
Die kerkgebou van die eertydse NG gemeente Eloffsdal-Wes.
Ds. G.R. van Rooijen, van 1943 tot 1945 eerste medeleraar en daarna eerste leraar van die dogtergemeente Eloffsda-Wes.
Ds. W.J. Lubbe, leraar van 1950 tot 1952.
Ds. P.J. Conradie, leraar van 1945 tot 1952

Die NG gemeente Eloffsdal, in 1908 gestig, was die tweede oudste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Pretoria, maar dit het in 2011 saamgesmelt met die gemeentes Eloffsdal-Wes en Magaliesfort as Mootvallei.

  1. Mootvallei se Facebook-groep.

NG gemeente Eloffsdal

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne