Ds. P.W. Ennis, van 1886 tot 1905 die eerste leraar toe hy oorgegaan het na die Hervormde Kerk . Hy is oorlede op 30 Oktober 1932 .
Ermelo se ou NG kerk. Dis nie bekend wanneer dit gesloop is nie.
Lede van die Ring van Lydenburg wat op 17 Februarie 1905 op Carolina byeen was. Tweede van links sit ds. A.P. Burger van Middelburg , en naas hom di. H.J. Neethling (Lydenburg , voorsitter), A.G. du Toit (Carolina , scriba), P.W. Ennis (Ermelo ), en H.T. Gonin (Belfast ). Afgevaardigde kerkraadslede was oudl. J.J. Schutte en diak. C.L.W. von Zwiel (Lydenburg ), oudl. J. de Clercq en diak. I.F. Haupt (Middelburg), oudle. L.D. Fourie en D. F. van Aardt (Ermelo ), oudl. G.M. Britz en diak. J.C. Swanepoel (Roossenekal ), oudl. G.J. van Loggerenberg en diak. P.D. Grobler (Carolina ), en oudl. I.J. Breytenbach en diak. C.J. Maré (Belfast ).
Die gemeente se huidige kerkgebou.
Dr. W.P. Steenkamp was net sowat twee jaar leraar van die gemeente tot hy in 1907 na Europa gegaan het om verder te studeer.
Ermelo se huidige NG moederkerk, afgeneem omstreeks in 1951. Dis in 1945 ingewy en was een van die laaste kerke wat Leendert en Geurt Geers saam ontwerp het voor laasgenoemde oorlede is.
Ds. Paul Nel , Ermelo se leraar van 1907 tot sy aftrede in 1934.
Ds. N.J. Veltman, leraar van 1928 tot 1965. Sy enigste ander gemeente was Roossenekal van 1925 tot 1929.
Die NG gemeente Ermelo is die vierde oudste gemeente in die Nederduitse Gereformeerde Kerk se Oostelike Sinode, die 13de oudste in die destydse Transvaal en een van die honderd oudste steeds bestaande NG gemeentes.