NG gemeente Fraserburg

Ds. I.F. Retief het die hoeksteen van die huidige NG kerk op Fraserburg, ontwerp deur Hendrik Vermooten, op 26 November 1955 gelê. Dit is ingewy in die naweek van 8 en 9 September 1956 en was by voltooiing reeds die derde kerkgebou in die gemeente se 105-jarige bestaan. Die tweede kerk, voltooi in 1868, is in 1955 gesloop en die eerste, voltooi in 1852, in 1966.

Die NG gemeente Fraserburg is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode van Wes-en-Suid-Kaapland, hoewel die dorp Fraserburg binne die provinsie Noord-Kaap val. In die ou Kaapse Kerk, voor die verdeling van dié Sinode in drie, was Fraserburg met sy stigting op 24 Februarie 1851 die 38ste oudste gemeente. Dit is dus 'n jaar of wat jonger as Humansdorp, Namakwaland en Ladismith (al drie 1850), maar ouer as Knysna (ook 1851), Hopefield, Middelburg, Aliwal-Noord en Robertson (almal 1852).


NG gemeente Fraserburg

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne