NG gemeente Grahamstad

Ds. G.M. Daneel het die Grahamstadse NG kerkgebou se hoeksteen op 17 Maart 1951 gelê. Die argitek was Wynand Louw, of ten minste sy firma.

Die NG gemeente Grahamstad was 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Oos-Kaapse stad Grahamstad wat op 28 September 1916 van die moedergemeente Albanie afgestig het en op 1 Maart 2000 weer by die moedergemeente ingelyf is, hoewel sowat driekwart van die lidmate in Grahamstad se gemeente was. Met die inlywing het die 21ste oudste gemeente in Suid-Afrika en die sewende oudste in die Sinode van Oos-Kaapland egter bly voortbestaan. Die gemeente Albanie se middelpunt het weliswaar in 2000 Grahamstad geword, maar daar is steeds gereelde dienste op Riebeek-Oos, eertydse middelpunt van Albanie, Fonteinskloof en af en toe op Seven Fountains.


NG gemeente Grahamstad

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne