NG gemeente Hoopstad

Hoopstad se NG kerk in 1917.
Ds. Gustav Radloff was leraar van 1881 tot 1898 Hoopstad se eerste leraar toe hy 'n beroep aanvaar het na die NG gemeente Krugersdorp. Hy het sy emeritaat in 1914 aanvaar en is oorlede op 4 Oktober 1928. Sy enigste ander gemeente was Bloemfontein van 1871 tot hy ná 'n tweede, eenparige beroep daartoe beweeg is om Hoopstad toe te kom.
Die NG kerk op Hoopstad, 2008.
Ds. T.C. Dönges, vader van die kabinetsminister Eben Dönges, het in 1902 op Hoopstad begin werk omdat Bothaville, sy vorige standplaas, tydens die Tweede Vryheidsoorlog heeltemal deur die vyand verwoes is. Hy is eers in Oktober 1903 hierheen beroep.
Dié beriggie oor ds. D.J. Conradie, leraar van 1963 tot 1969, het in Maart 1964 in Die Voorligter verskyn.
Ds. D.P.M. Olivier, leraar van 1921 tot 1928.
Mev. ds. D.P.M. Olivier, pastoriemoeder van 1921 tot 1926.
Ds. C.B. van Zyl, leraar van 1969 tot 1975.

Die NG gemeente Hoopstad is 'n Vrystaatse gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Ring van Boshof. Dis in 1876 gestig as die 22ste gemeente in die Vrystaatse Kerk.


NG gemeente Hoopstad

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne