NG gemeente Jacobsdal

Ds. E.A.J. du Toit was van 1866 tot 1880 Jacobsdal se eerste leraar.
Jacobsdal se NG kerk.
Ds. Andrew Murray was van 1881 tot 1899 Jacobsdal se tweede leraar.
So het Jacobsdal se NG kerk gelyk voor die toring in 1930 aangebou is. Die argitek van die verbouing van die kerk was Wynand Louw.
Ds. P.J.J. Boshoff was die derde leraar hier, van 1899 tot 1904 tydens die donker dae van die Tweede Vryheidsoorlog toe hy na Ceylon verban is en daar as predikant van die Boerekrygsgevangenes opgetree het. Hy was van 1904 tot 1912 en weer van 1920 tot sy aftrede in 1931 leraar van Bloemfontein se moedergemeente. Hy is oorlede op 14 April 1944.
Ds. S.J. Perold was Jacobsdal se leraar van 1904 tot 1907 toe hy na die NG gemeente Philippolis vertrek. Hy is oorlede op 13 Maart 1940.
Ds. A.A. Weich was die leraar hier van 1908 tot sy aftrede in 1927. Hy was 'n nasaat van die Weich-stamvader in Suid-Afrika en Rynse sendeling, eerw. G.F. Weich.
Ds. H.A. Hanekom, leraar van 1927 tot 1931. Hy het in 1943 op Trompsburg afgetree en is oorlede op 3 Desember daardie jaar.
Ds. J.S. Dreyer, leraar van 1931 tot 1948. Daarna was die NG gemeente Ugie sy laaste standplaas tot hy sy emeritaat aanvaar het in 1956.
Ds. S.C. Biggs, Jacobsdal se leraar van 1949 tot 1958.

Die NG gemeente Jacobsdal is 'n gemeente in die Vrystaatse Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk met sy middelpunt op die dorp Jacobsdal. Dis in 1860 gestig as die sewende gemeente van die Vrystaatse Kerk en die 79ste gemeente in die hele NG Kerk. In die Vrystaat is net Winburg (1841), NG gemeente Fauresmith (1848), Bloemfontein (1848), Harrismith (1849) en Boshof (1856) ouer.


NG gemeente Jacobsdal

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne