NG gemeente Kroonstad-Noord

Die NG kerk Kroonstad-Noord, ontwerp deur Gerard Moerdyk en ingewy op 3 April 1937.
Ds. J.G.C. Steyn was Kroonstad-Noord se leraar van 1946 tot 1948 en daarna weer van 1951 af. Intussen was hy leraar van die NG gemeente Koppies.

Die NG gemeente Kroonstad is die tweede oudste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk op die Vrystaatse dorp Kroonstad.

Die gemeente is op 23 Mei 1927 met sowat 1 200 lidmate van die moedergemeente afgestig, wat Kroonstad die tweede dorp naas Bloemfontein gemaak het wat 'n tweede NG gemeente gekry het; die ander geval in die Vrystaatse Kerk was die stigting van Rietfontein naas die moedergemeente Winburg, maar in daardie geval was dit weens die Rebellie van 1914 en nie vanweë 'n moedergemeente wat te groot geword het nie.

Kroonstad-Noord se eerste herderpaar, ds. en mev. J.S. Bosman, is op 20 April 1928 ontvang en hulle het die gemeente tot 18 November 1950 bedien toe ds. Bosman sy emeritaat aanvaar.


NG gemeente Kroonstad-Noord

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne