NG gemeente Loxton

Die NG kerk op kerkplein, Loxton. Dit is ontwerp deur die eerste Afrikaanse argitek, Wynand Louw.[1] Ds. F.S. Malan het die hoeksteen van die gebou op 6 September 1924 gelê.
Ds. J.A. Koch, van 1903 tot 1905 Loxton se eerste leraar.
Die sogenaamde noodkerk op Loxton was in gebruik van 1900 tot die inwyding van die nuwe en huidige kerkgebou in 1924.
Ds. A.G.T. Venter was van 1905 tot 1909 Loxton se tweede leraar. Daarna was hy leraar van die NG gemeente Prieska van 1909 tot sy dood op 6 Desember 1914.
Loxton, gesien van die R63 tussen Carnarvon en Victoria-Wes.
Ds. G.A. Maeder het as leraar van die NG gemeente Victoria-Wes die leiding geneem in die afstigting van die gemeente Loxton in 1899.
Ds. C.W. Alheit was van 1910 tot 1917 Loxton se derde leraar.
Ds. F.S. Malan, vierde leraar van 1917 tot 1925. Dié foto is omstreeks 1917 geneem.
Ds. P.A. Alheit was die vyfde leraar van Loxton, van 1926 tot 1937.
Ds. W.S. Conradie, leraar van 1935 tot 1941, toe hy 'n beroep aanneem na die NG gemeente Rondebosch.
Ds. Beyers Naudé se eerste gemeente was Loxton, van 1942 tot 1945. Hy het later bekend geword vir sy sterk standpunt teen apartheid wat in 1963 tot sy bedanking uit die bediening sou lei.
Ds. P.F. De V. Muller, leraar van 1945 tot 1948.
Die preekstoel en orrelgalery in Loxton se kerk.

Die NG gemeente Loxton is 'n klein gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk op die gelyknamige dorpie in die provinsie Noord-Kaap en die Sinode van Noord-Kaapland.

  1. (en) Besonderhede op die webtuiste Artefacts.co.za. URL besoek op 10 Okrtober 2013.

NG gemeente Loxton

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne