NG gemeente Philippolis

Die NG kerk aan die bopunt van Voortrekkerstraat, Philippolis. Die gebou en perseel is op 18 Julie 1969 as 'n nasionale gedenkwaardigheid verklaar. 'n Suil ter nagedagtenis aan ds. Colin Fraser jr. staan voor die ingang van die kerk waarin hy 44 jaar die Woord bedien het. Dr. Tobie Muller, Philippolis se derde predikant, wat in 1918 ná net twee jaar in die gemeente tydens die Griepepidemie beswyk het, se suil is een van die vier kleineres. Die ander drie is vir di. C.J. van Niekerk, D.N.J. du Toit en Gideon Engelbrecht.[1] Die gebou is omstreeks 1871 ontwerp deur Richard Wocke.

Die NG gemeente Philippolis is die negende oudste gemeente in die Nederduitse Gereformeerde Kerk se Vrystaatse Sinode.

  1. (af) Geskiedenis van die NG gemeente Philippolis op Philippolis.org Geargiveer 29 Januarie 2014 op Wayback Machine. URL besoek op 2 Februarie 2014.

NG gemeente Philippolis

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne