NG gemeente Philipstown

Die NG kerk Philipstown in 2013.
Ds. A.D. Lückhoff, NG gemeente Colesberg se leraar van 1861 van 1875 en daarom konsulent van die nuutgestigte gemeente Philipstown toe dit in 1873 gestig word.
Philipstown se NG kerkgebou afgeneem in 1917.
Ds. J.J.P. Jordaan was van 1876 tot 1878 Philipstown se eerste NG predikant.
Ds. P. du Toit, Philipstown se tweede NG predikant, dien die gemeente van 1879 tot 1893, toe hy na Edenburg vertrek. In sy tyd is die NG gemeente Griekwastad gestig, waarvan hy die konsulent was. Hy het in Edenburg gedien tot sy aftrede in 1924 en is oorlede op 2 Augustus 1941.
Dr. S.W. Louw is op 5 Junie 1893 hier bevestig as die gemeente se derde leraar. Tydens die Anglo-Boereoorlog het die militêre owerheid hom na St. Helena verban waar hy krygsgevangenes geestelik versorg het, maar met sy terugkeer op Philipstown was sy gesondheid geknak en hy sterf agt maande ná die vrede.
Ds. D.J.J. van Velden, van 1903 tot 1907 Philipstown se vierde NG leraar. Hy het hierheen gekom vanaf die NG gemeente Tarkastad, waar hy ook die vierde leraar was.
Ds. Daniel Lategan, vyfde leraar van 1908 tot 1921 toe hy eers 'n lektor word aan die Sendinginstituut op Wellington en later aan die Kweekskool op Stellenbosch.
Ds. Pieter Jan Albertus de Villiers, sesde leraar van 1922 tot sy aftrede in 1928. Hy was van 1884 tot 1897 die eerste predikant van die NG gemeente Petrusville, ook in dié deel van die Noord-Kaap. Sy tweede en voorlaaste gemeente was Hopetown.
Ds. Jacobus Delarey Conradie was die sewende leraar van Philipstown van 1929 tot 1936. Voorheen was hy van 1927 af die leraar van die NG gemeente Meru in die teenswoordige Tanzanië en daarna, tot sy aftrede in 1967, medeleraar van die NG gemeente Kaapstad (Groote Kerk).
Ds. Zacharias Blomerus Loots, agtste leraar van 1936 tot 1941 en van 1951 leraar van die NG gemeente Bloemfontein-Noord.
Ds. Hendrik Adrian de Wet, negende leraar van 1941 tot 1946. Hy was onder meer ook leraar van Pietermaritzburg, Rossville, Lusaka en Alexandria.

Die NG gemeente Philipstown is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Ring van Hanover en Sinode van Noord-Kaapland. Die gemeente se middelpunt is die Noord-Kaapse dorpie Philipstown.


NG gemeente Philipstown

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne