NG gemeente Pretoria

Die Bosmanstraatse kerkgebou van die NG gemeente Pretoria, intussen deels verkoop aan die Verenigende Gereformeerde gemeente Melodi ya Tshwane. Dis ontwerp deur Klaas van Rijsse.

Die NG gemeente Pretoria is die oudste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Pretoria en nagenoeg die 59ste oudste gemeente in dié Kerk. Voor die verdeling van die Transvaalse Kerk in twee, drie en later vier Sinodes, was dit die vyfde oudste Transvaalse gemeente, net 12 jaar jonger as die oudste, Potchefstroom, gestig in 1842. Weens ingrypende demografiese veranderings in die sentrale dele van Pretoria sedert 1990, bestaan die gemeente sedert 2000 uit ses saamgestelde dele, naamlik die ou moedergemeente, Bronberg (1942), Burgerspark (1952), Arcadia (1951, waarby Meintjeskop in 1964 ingelyf is) en Harmonie (1957). Teen 2017 het ’n handjie vol Afrikaanssprekende NG lidmate in dié gebied oorgebly.


NG gemeente Pretoria

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne