NG gemeente Queenstown

Ds. P.J. du Plessis het die kerkgebou, ontwerp deur Wynand Louw, se hoeksteen op 2 Februarie 1924 gelê.
Queenstown was jare lank geleë tussen die tuislande Ciskei en Transkei in die sogenaamde Grensstreek van die Oos-Kaap.
Queenstown se ou NG kerkgebou, afgeneem omstreeks 1917. Hierin het die gemeente aanbid van 1855 tot 1925.
Die gedenkteken op die NG kerkterrein ter nagedagtenis aan die Simboliese Trek van 1938.
Die NG gemeente Queenstown-Oos het in 1953 van die moedergemeente afgestig en dié kerkgebou in Warnerstraat opgerig. Queenstown-Noord het in 1972 afgestig, maar smelt in 1982 saam met die Oos-gemeente as Queenstown-Tuine, wat op sy beurt in 1999 by die moedergemeente ingelyf is. Die lidmaattal van die verenigde gemeente het van 2000 tot 2012 van sowat 1 300 tot 850 gedaal.
Ds. S.P. Naudé, eerste leraar van Queenstown van 1860 tot 1909.
Ds. Pieter Albertyn Alheit, leraar van 1916 tot 1922. Ook in die Noordoos-Kaap was hy van 1911 tot 1914 leraar van die NG gemeente Indwe.
Ds. P.J. du Plessis, leraar van 1923 tot 1929.
Ds. T.C.B. Stofberg, leraar van 1930 tot 1940.
Dr. Louis Viljoen Rex, Queenstown se sesde leraar, wat hier gearbei het van 1941 tot 1946 en in die jare vyftig ook Queenstown-Oos.
Ds. Petrus Arnoldus de Wet, leraar van 1947 tot 1949.
Ds. Marthinus Gerhardus Mynhardt, leraar van 1947 tot 1953.
Ds. Jeremia Jacobus Struwig, leraar van 1951 tot 1955.
Ds. G.C. Oosthuizen, leraar van 1956 tot 1959.
Ds. P.C. Oosthuizen en gesin. Hy is op 5 Maart 1956 georden as leraar van die NG gemeente Stutterheim. Nadat hy herstel het van 'n ernstige krankheid, aanvaar hy 'n beroep na die NG gemeente De Aar, waar hy op 24 Junie 1961 bevestig is. Sy volgende gemeente was Queenstown, waar hy in Maart 1963 diens aanvaar het en gebly het tot 1965.

Die NG gemeente Queenstown is die 54ste oudste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk en die 10de oudste in die Sinode van Oos-Kaapland. Dit is as onderskeidelik die 55ste en 11de gestig, maar het een plek opgeskuif met die samesmelting van 'n ouer Oos-Kaapse gemeente, Middelburg, met daardie gemeente se dogtergemeente, Middelburg-Uitsig. Dit was een van vier gemeentes wat in 1853 gestig is. Die ander drie was almal in die teenswoordige Sinode van Wes-en-Suid-Kaapland: Robertson op 19 Januarie, Oudtshoorn op 11 Oktober en Darling ook in Desember.

Die dorp Queenstown is in September 1853 gestig en die gemeente drie maande later. Sowel Ons gemeentelike feesalbum van 1952 as Ons Kerk Album van 1917 gee die stigtingsdatum van Queenstown aan as "vroeg in die jaar 1854", toe dit van die moedergemeente, Cradock, afgestig het, maar die gemeente self gee die datum aan as 16 Desember 1853.[1]

  1. "Geskiedenis van die gemeente Queenstown". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 November 2013. Besoek op 17 Mei 2012.

NG gemeente Queenstown

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne