Die kerkie op die dorp Rhodes.
Die ligging van die Noordoos-Kaapse NG gemeentes.
Ds. David Ross , na wie die gemeente genoem is.
Ds. G.W.S. Hofmeyr was leraar hier van 1916 tot 1920 toe hy vertrek na Glen Lynden . Hy was die jongste seun van ds. Jan Hendrik Hofmeyr , wat meer as 40 jaar leraar van die NG gemeente Somerset-Oos was.
Ds. Johannes Rudolff Hugo, die eerste leraar van 1902 tot 1906.
Ds. H.A. de Wet , leraar van 1926 tot 1928.
Ds. Gert Hendrik Prinsloo Badenhorst, leraar van 1933 tot 1939.
Ds. Henry Charles Hopkins was net leraar van Rossville van 1945 tot 1946, toe hy medelaar van Alice met werkkring Fort Beaufort word.
Ds. M.B. Brink was die leraar hier van 1952 tot 1974.
Ds. Henry Fredrick Witthuhn, leraar van 1958 tot 1963.
Rossville was van 1893 tot met die gemeente se inlywing by die NG gemeente Barkly-Oos die naam van die NG gemeente op die Oos-Kaapse dorpie Rhodes .
Die dorp is aan die Bellrivier geleë, 54 km noordoos van Barkly-Oos . Die naam van die dorpie was (volgens sommige bronne) vroeër Rossville , maar is hernoem ter ere van Cecil John Rhodes (1853 –1902 ), staatsman en politikus. Die plekkie is beroemd vir sy yskoue klimaat en sneeu in die winter.