NG gemeente Senekal

Ds. en mev. R.H. van de Wall, Senekal se eerste leraarspaar van 1882 tot 1896. Van 1877 tot 1881 was ds. Vandewall ook Ficksburg se eerste NG leraar. Hy het die bediening in 1896 neergelê en is in 1912 oorlede.
Die kerkgebou van die NG gemeente Senekal is op 17 Desember 1896 ingewy en het, anders as talle ander Vrystaatse kerke, die Tweede Vryheidsoorlog oorleef.
Ds. Paul Hendrik Roux, van 1897 tot 1905 Senekal se tweede NG predikant.
Senekal-De Rust het in 1951 van die moedergemeente afgestig. Ds. J.J. Jordaan het die kerkgebou, ontwerp deur Hendrik Vermooten, se hoeksteen op 30 Augustus 1953 gelê. Die gemeente is sowat 40 jaar later by die moedergemeente ingelyf.
Ds. H.J. Pienaar, van 1914 tot 1921 Senekal se derde leraar.
Die NG kerk Senekal-Noord. Dié gemeente het in 1958 van die moedergemeente afgestig. Die hoeksteen is in 1960 gelê en die argitek was Denis Theron.

Die NG gemeente Senekal is die moedergemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk op die Oos-Vrystaatse dorp Senekal. Dit is die 23ste gemeente wat in die destydse Republiek van die Oranje-Vrystaat gestig is, maar vandat die moedergemeente Bethlehem by Bethlehem-Wes ingelyf is, is dit die 22ste oudste gemeente in die Vrystaatse Sinode.


NG gemeente Senekal

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne