Somerset-Wes se eerste NG kerkgebou is in 1819 ingewy, in dieselfde jaar dat die gemeente gestig is.
Die huidige gebou van die NG gemeente Somerset-Wes, ontwerp in 1940 deur Wynand Louw .
Die grafsteen van ds. James Edgar (1789-1848), tot aan sy dood 18 jaar lank predikant van die gemeente. Hy is langs die dorp se eerste NG kerkgebou begrawe.
Die ou kerk, omstreeks 1907.
Dr. Johan Frederik Reitz, 'n gebore Afrikaner wat in Duitsland gepromoveer het, was Somerset-Wes se leraar van 1849 tot sy aftrede in 1890. Dit was sy enigste gemeente.
Ds. Pieter Johannes Pienaar was van Maart 1888 die NG gemeente Barrydale se eerste leraar, ook sy eerste gemeente. Hy kom in 1891 na Somerset-Wes en arbei as leraar hier tot hy sy emeritaat in 1936 aanvaar.
Ds. A.G.E. van Velden, leraar van 1936 tot 1946 en weer van 1953 tot 1963.
Ds. Hendrik Adam Albertyn Lambrechts, leraar van 1946 - 1948.
Ds. Ockert Almero Cloete, leraar van 1947 - 1964. Hy was van 1934 tot 1941 leraar van Glen Lynden , die gemeente waarin sy medeleraar, ds. Vidius Nel , grootgeword het. Ds. Nel was 10 jaar oud toe hy die herderstaf daar opgeneem het. Ds. Cloete was in 1941 die eerste leraar van die NG gemeente Port Elizabeth-Wes .
Ds. Vidius Nel , leraar van 1950 tot 1952.
Die NG gemeente Somerset-Wes is die 10de oudste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode van Wes-en-Suid-Kaapland en die 13de oudste in die hele kerk. Dit is die moedergemeente van al die gemeentes in die Ring van Somerset-Wes.
Die gemeente vier sy dubbele eeufeesviering in 2019.