NG gemeente Uitenhage

Die huidige NG moederkerk op Uitenhage.
Uitenhage se ou kerk, afgeneem omstreeks 1917.
Ds. Cornelis Mol was van 1817 tot 1823 Uitenhage se eerste leraar.
Ds. Alexander Smith, in 1822 in diens getree, na wie Alexandria en die NG gemeente Alexandria vernoem is.
Ds. A.I. Steytler, leraar van 1863 tot 1881. Steytlerville is na hom genoem.
Uitenhage omstreeks 1860 met as middelpunt die vorige NG kerkgebou.

Die NG gemeente Uitenhage, wat die 10de oudste NG gemeente in Suid-Afrika en die tweede oudste in die Oos-Kaap is, het die onderskeiding dat dit die eerste en enigste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk is waarvan op een dag drie gemeentes afgestig is toe op 22 Junie 1950 tydens 'n buitengewone Ringsvergadering in die moederkerk besluit is om Uitenhage-Noord, -Oos en -De Mist af te stig. Toe reeds het dit die totale getal dogtergemeentes van die moedergemeente, wat in 1817 as die tiende gemeente in Suid-Afrika gestig is, op 21 te staan gebring.


NG gemeente Uitenhage

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne