Naftali Bennett נַפְתָּלִי בֶּנֶט (he) | |
Junie 2021 | |
Ampstermyn 13 Junie 2021 – 30 Junie 2022 | |
Vise | Gideon Sa'ar, Benny Gantz |
---|---|
President | Reuven Rivlin Isaac Herzog |
Voorafgegaan deur | Benjamin Netanyahu |
Opgevolg deur | Yair Lapid |
Lid van die Knesset
| |
Ampstermyn 3 Oktober 2019 – 15 November 2022 | |
Ampstermyn 6 Desember 2015 – 30 April 2019 | |
Ampstermyn 5 Februarie 2013 – 9 Oktober 2015 | |
Minister van Verdediging
| |
Ampstermyn 12 November 2019 – 17 November 2020 | |
Eerste minister | Benjamin Netanyahu |
Voorafgegaan deur | Benjamin Netanyahu |
Opgevolg deur | Benny Gantz |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Naftali Bennett 27 Maart 1972 Haifa, Israel |
Politieke party | Nuwe Regs (2018–hede) Die Joodse Huis (2012–2018) Likoed (2005–2008) |
Eggenoot/-note | Gilat Bennett |
Kind(ers) | 4 |
Alma mater | Hebreeuse Universiteit van Jerusalem |
Militêre Diens
| |
Lojaliteit | Israel |
Diens/Tak | Israeliese verdedigingsmagte |
Jare in diens | 1990–1996 |
Rang | Majoor |
Eenheid | Sayeret Matkal · Sayeret Maglan |
Naftali Bennett (Hebreeus: נַפְתָּלִי בֶּנֶט; gebore 27 Maart 1972) is 'n Israelse politikus en die leier van die Nuwe Regs-party (HaYamin HeHadash) as ook die huidige leier van die regse Yamina-alliansie. Hy het tussen 2012 en 2018 die ver-regse Die Joodse Huis (HaBayit HaYehudi) gelei. Bennett het op 13 Junie 2021 die nuwe Eerste minister van Israel geword deur die langsdienende eerste minister Benjamin Netanyahu van Likoed op te volg. Yair Lapid het hom op 1 Julie 2022 afgelos; sedertdien was Bennett die beoogde premier. Hy was van 2013 tot 2019 minister van Diaspora-sake en het tussen 2019 en 2020 as minister van verdediging gedien.