Landsvlag | Landswapen |
---|---|
(Besonderhede) | (Besonderhede) |
Basiese gegewens | |
Ampstaal: | Duits, Nederduits en Saterfries[1] |
Hoofstad: | Hannover |
Stigting: | 1 November 1946[2] |
Volkslied (Landeshymne): | Niedersachsenlied |
Oppervlakte: | 47 709,82 km²[3] (2de) |
Bevolking: | 8 161 981[4] (4de) (31 Desember 2023) |
Bevolkingsdigtheid: | 171 inwoners / km² (12de) |
BBP - Totaal (4de) - % Verandering teenoor vorige jaar - per inwoner |
2023 363,109 miljard €[5] 6,8% 44 488 € |
Totale skuldlas: | 58,868 miljard €[6] (30 Junie 2024) |
Skuldlas per inwoner: | 7 212 € (30 Junie 2024) |
Werkloosheidsyfer: | 5,8[7] (November 2024) |
ISO 3166-2: | DE-NI
|
Amptelike webwerf: | www.niedersachsen.de |
Politiek | |
Eerste minister: | Stephan Weil (SPD) (sedert 19 Februarie 2013) |
Regerende partye: | SPD en Grüne |
Setels in die parlement (Landtag) (146 setels) (2017: 137 setels): |
SPD 57 (2017: 55) CDU 47 (50) B90/Grüne 24 (12) AfD 18 (9) |
Laaste verkiesing: | 9 Oktober 2022 |
Volgende verkiesing: | 2027 |
Parlementêre verteenwoordiging | |
Stemme in die Federale Raad (Bundesrat): | 6 (van 69) |
Kaart | |
Nedersakse (Duits: Niedersachsen, [ˈniːdɐzaksn̩], ; Nederduits: Neddersassen; Saterfries: Läichsaksen), amptelik die Deelstaat Nedersakse (Duits: Land Niedersachsen, landkode: NI, afkorting: Nds.; Nederduits: Land Neddersassen; Saterfries: Lound Läichsaksen), is 'n deelstaat in die noorde van Duitsland. Volgens sy oppervlakte van 47 710 vierkante kilometer en sy bevolking van 8,1 miljoen is Nedersakse die grootste deelstaat van Noord-Duitsland en die tweede grootste in Duitsland ná Beiere.
Alhoewel die moderne deelstaat Nedersakse eers so onlangs soos November 1946 met die samesluiting van Hannover, Oldenburg, Brunswyk en Schaumburg-Lippe geskep is, het die naam Nedersakse 'n lang historiese tradisie wat tot in die tyd van die groot volksverhuisings tussen die 3de en 7de eeu terugdateer – 'n periode toe die Sakse, 'n Germaanse stam, hulle hier gevestig het.
Hannover is met sowat 500 000 inwoners die hoofstad en grootste stad van Nedersakse. Die twee grootste stede van Noord-Wes-Duitsland, Hamburg en Bremen, speel eweneens 'n baie belangrike rol vir Nedersakse, aangesien hulle metropolitaanse gebiede ook na Nedersakse uitgebrei het.