Neris - Ві́лія / Вя́льля - Wilia | |
---|---|
Die Vilija-rivier (Neris) in Belarus. | |
Die stroomgebied van die Neris. | |
Oorsprong | Belarus |
Monding | Nemunas (Memel) |
Stroomgebied | Belarus Litaue |
Lengte | 510 km (320 myl) |
Gemiddelde afloop | 182 m³/s (6 428 ft³/s) |
Stroomgebiedopp. | 25 100 km² (9 700 myl²) |
Kaart van die Neris-bekken in Europa.
|
Die Neris (Belarussies: Ві́лія of Вя́льля, Vialla; Pools: Wilia) is 'n Noordoos-Europese rivier met 'n lengte van 510 kilometer wat in Belarus ontspring, deur die Litause hoofstad Vilnius en Jonava vloei en in Kaunas in die Nemunas (Duits: Memel) uitmond.
Die Neris vloei oor 'n afstand van 275 kilometer deur Belarus, waar dit Vilija genoem word, en 235 kilometer deur Litaue waar dit Neris genoem word.
Die rivier verbind twee historiese hoofstede van Litaue met mekaar - Kernavė en Vilnius. Langs sy oewers is in die voor-Christelike tydperk talle begraafplase aangelê. Die ou grafheuwels van Karmazinai is sowat 25 kilometer van Vilnius af geleë.