Netanyahu II-kabinet

Kabinet van Israel
Netanyahu II-kabinet
Periode: 2009 – 2013
Strekking: regs-(links)-religieus
Premier: Benjamin Netanyahu (HaLikud)
President: Shimon Peres (Kadima)
Deelnemende partye:
* HaLikud
* Yisrael Beiteinu
* HaAvoda
* Shas
* HaBayit HaYehudi
* Yahadut HaTorah
* Ha'Atzma'ut
* Kadima
Setels: 74 (66) in die 18e Knesset
Vorige: Olmert-kabinet
Volgende: Netanyahu III-kabinet

Die Netanyahu II-kabinet of die 32ste regering van Israel, Hebreeus: ממשלת ישראל השלושים ושתיים - Mem'shelet Yisrael HaShloshim VeShtayim, was 'n Israelse kabinet wat regeer het van 31 Maart 2009 tot 18 Maart 2013. Hierdie regering het 'n regs-religieuse en 'n bietjie linkse strekking gehad en tot 2011 oor 74 en sedert 2011 oor 66 setels in die 18e Knesset beskik. Die premier was Benjamin Netanyahu van die Likoed-party gewees.

Die Netanyahu II-kabinet het uit die volgende agt partye bestaan:

Party Posisie Setels
HaLikud (Likoed) regs-liberaal 27
Yisrael Beiteinu regs-nasionalisties 15
HaAvoda (Arbeidsparty) [1] sosiaal-demokraties (13)
Shas Sefardies 11
HaBayit HaYehudi (Die Joodse Huis) regs-nasionalisties 3
Yahadut HaTorah (Verenigde Torah Jodedom) Asjkenasies 5
Ha'Atzma'ut (Onafhanklik) [2] midde-links (5)
Kadima [3] midde ((28))
Totaal 74 (66) ((94))
  1. Die Arbeidsparty het in Januarie 2011 uitgetree.
  2. Onafhanklik het in Januarie 2011 toegetree.
  3. Kadima het van Mei tot Julie 2012 tot die regering behoort.

Netanyahu II-kabinet

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne