Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Verenigde State |
Deelstaat | Connecticut |
Administratiewe distrik (county) | New Haven |
Koördinate | 41°18′N 72°55′W / 41.300°N 72.917°W |
Gestig op | 1638 |
Geïnkorporeer op | 1784 |
Oppervlak: | |
- Totaal | 52,6 vk km |
Hoogte bo seevlak | 18 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2010) | 129 779 |
- Bevolkingsdigtheid | 2 648,6,14/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 846 766 |
Tydsone | EST (UTC -5) |
- Somertyd | EDT (UTC -4) |
Klimaat | |
- Tipe | Kontinentale klimaat |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 15,7 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | 2 / 29 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 1336,5 mm |
Burgemeester | Justin Elicker (D) |
Amptelike webwerf | cityofnewhaven.com |
New Haven is die tweede grootste munisipaliteit[1] in Connecticut (ná Bridgeport en net voor Hartford) en die sesde grootste munisipaliteit in Nieu-Engeland[2] met 'n kernbevolking van omtrent 123 000 mense.[3] "New Haven" kan ook verwys na die breër Groter New Haven gebied, waar bykans 600 000 inwoners in die onmiddellike omgewing tuis is.[4][5] Dit is geleë in New Haven county, aan die New Haven hawe, op die noordkus van die Long Island see-engte.
'n Jaar na dorpstigting in 1638, is agt strate uitgelê in 'n roostervorm van vier by vier strate, om sodoende die "Negepleinplan" te vorm, soos dit tans bekend is,[6] wat deur die Amerikaanse Instituut vir Gesertifiseerde Beplanners erken word as 'n Nasionaalhistoriese beplanningsmylpaal. Die sentrale gemeenskapsblok, die New Haven brink is 'n plein van 6 ha, tans 'n Nasionaalhistoriese landmerk en die sentrum van die New Haven stadskern.
New Haven het die eerste openbare boomplantingsprogram in Amerika uitgevoer, wat later 'n lowerbedekking van volgroeide bome sou vorm, wat sekere groot Elms insluit. Dit het aan New Haven die bynaam "Die Elmstad" besorg.[7]
Die stad is die tuiste van Yale-universiteit. Die universiteit maak 'n integrale deel uit van die stadsekonomie, deurdat dit onder meer New Haven se grootste belastingbetaler en werkgewer is,[8] soos uitgewys in die 2010 Stadsrede van die Burgemeester.[9] Mediese sorg (hospitale en biotegnologie), professionele dienste (geregtelik, argiteksbeplanning, bemarking en ingenieurswese), finansiële dienste en kleinhandel dra ook by om die bedryfsbasis van die stad te skep. Sedert die mid-1990's, het die stadskern ekstensiewe herlewing ondergaan.[10]