New York

Hierdie artikel handel oor die stad New York. Vir die gelyknamige deelstaat, sien gerus New York (deelstaat), en vir ander gebruike New York (dubbelsinnig).
City of New York

Seël Vlag
Seël van New York
Seël van New York
Vlag van New York
Vlag van New York
Basiese gegewens
Stigting: 1614
Land: Verenigde State
VSA-deelstaat: New York
Distrikte: Bronx (Bronx)
New York (Manhattan)
Queens (Queens)
Kings (Brooklyn)
Richmond (Staten-eiland)
Geografiese ligging: 40°42′N 74°00′W / 40.700°N 74.000°W / 40.700; -74.000
Tydsone Oostelike standaardtyd (UTC-5)

Ligging in die deelstaat New York

Die 5 boroughs van New York:
(1) Manhattan,
(2) Brooklyn,
(3) Queens,
(4) The Bronx,
(5) Staten-eiland
Bevolking:
– Metropolitaanse gebied:
8 175 133 (Sensus 2010)[1]
18,7 miljoen[2]
Bevolkingsdigtheid:
– Metropolitaanse gebied:
10 630 inwoners / km²
824 inwoners / km²
Hoogte bo seevlak: 6 m
Oppervlakte: 1 213 km²
waarvan 784 km² land
Administrasie: 5 stadswyke
Poskodes (zip codes): 10001-10292
Skakelkode: 212
Amptelike webwerf: www.nyc.gov
Politiek
Burgemeester: Eric Adams (Demokratiese Party)
Satellietbeeld

New York of Nieu-York, amptelik City of New York, geleë in die deelstaat New York, is die stad met die grootste bevolking in die Verenigde State. Dit is ook die mees dig bevolkte van die groter stede in Noord-Amerika.

Die stad is 'n sentrum vir internasionale handel, politiek, vermaaklikheid, en kultuur, en is een van die wêreld se groot globale stede (saam met Londen, Tokio en Parys). Die stad beskik oor 'n versameling van museums, kunsgalerye, teaters, mediaondernemings, internasionale organisasies en korporasies, en effektebeurse. Die stad is ook die tuiste van die Verenigde Nasies, tesame met al die internasionale takke wat daarmee geassosieer word.

New York het ook in die tydperk van die groot weswaartse migrasie sy status as grootste stedelike nedersetting in die VSA gehandhaaf

New York het 'n bevolking van 8,55 miljoen in 'n area van ongeveer 800 km². Dit is geleë in die hart van die New Yorkse Metropolitaanse Gebied, wat met 'n bevolking van ongeveer 22 miljoen een van die grootste stedelike konglomerasies ter wêreld vorm. Die stad beskik oor vyf boroughs: Die Bronx, Brooklyn, Manhattan, Queens en Staten-eiland. Elkeen van hierdie boroughs, behalwe vir Staten-eiland, bevat oor 'n miljoen inwoners en sou elkeen as een van die VSA se grootste stede gesien word, indien elkeen afsonderlik in ag geneem word.

New York lok groot getalle immigrante van oor die 180 lande, sowel as groot getalle migrante van dwarsoor die VSA, wat na die stad kom vir die stad se kultuur, energie, kosmopolitiese karakter, en met die hoop om 'n sukses te wees in die "Big Apple." Die stad word ook beskou as een van die veiligste groot stede in die VSA, ten spyte van sy grootte en bevolkingsdigtheid.

New York-stad dien ook as 'n reuse aandrywer van die wêreld se ekonomie – met 'n geskatte bruto metropolitaanse produk van ongeveer $500 miljard binne die stad se grense. New York is ook die tuiste van meer Fortune 500-maatskappye as enige ander plek in die VSA. As die stad 'n land op sy eie was, sou dit die 17de grootste bruto binnelandse produk in die wêreld gehad het, groter as dié van Switserland ($377 miljard) en amper gelyk aan dié van Rusland ($586 miljard).

  1. (en) U.S. Census Bureau, New York's 2010 Census Population Totals Geargiveer 25 Januarie 2012 op Wayback Machine
  2. (en) U.S. Census Bureau, Annual Estimates of the Population of Metropolitan and Micropolitan Statistical Areas: April 1, 2000 to July 1, 2004

New York

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne