Newton se bewegingswette bestaan uit drie natuurwette wat 'n direkte verwantskap verskaf tussen die krag wat op 'n liggaam uitgeoefen word en die beweging van daardie liggaam. Hulle is eerste deur sir Isaac Newton saamgestel in sy werk Philosophiae Naturalis Principia Mathematica (1687). Die wette vorm die basis vir klassieke meganika en Newton het dit self gebruik om baie waarnemings oor die beweging van fisiese voorwerpe te verduidelik. In die derde volume van die teks het hy aangetoon hoe hierdie wette saam met sy universele swaartekragwet Kepler se planetêre bewegingswette kon verklaar.
Die tradisionele uitdrukking van die drie wette lui as volg: