Ngoni | |
---|---|
’n Ngoni-danser van Tanzanië. | |
Totale bevolking: | 758 000 |
Belangrike bevolkings in: | Malawi Zambië Tanzanië Mosambiek |
Taal: | Chichewa Tumbuku Zoeloe |
Geloofsoortuiging: | Christendom Tradisionele Afrika-godsdienste |
Verwante etniese groepe: | Nguni's Zoeloes |
Die Ngoni is ’n etniese groep wat in Malawi, Mosambiek, Tanzanië en Zambië in Suidoos- en Sentraal-Afrika woon. Die groep stam af van die Nguni's en Zoeloes van KwaZulu-Natal in Suid-Afrika. Die verspreiding van die Ngoni in die groot wanorde tussen 1815 en 1830 ná die Zoeloe-oorloë in laasgenoemde land het sosiale gevolge gehad tot in Malawi en Zambië.