'n Nieverwisselbare item (NVI) (Engels: non-fungible token - NFT) is 'n spesiale soort kriptografiese item of bewys (token) wat iets unieks voorstel; nieverwisselbare items is dus nie onderling uitruilbaar nie.[1] Dit is in teenstelling met kripto-geldeenhede soos bitcoin, en baie netwerk- of hulpbron bewyse wat vervangbaar van aard is.[2]