Norvalspont | |
---|---|
Koördinate: 30°38′S 25°27′O / 30.633°S 25.450°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noord-Kaap |
Distrik | Pixley ka Seme |
Munisipaliteit | Umsobomvu |
Pont geopen | 1848 |
Oppervlak | |
• Totaal | 0,9 km2 (0,3 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 1 198 |
• Digtheid | 1 331/km2 (3 450/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 0.0% |
• Indiërs/Asiërs | 0.3% |
• Bruin mense | 7.8% |
• Swart mense | 91.7% |
• Ander | 0.1% |
Taal (2011) | |
• Xhosa | 86.3% |
• Afrikaans | 8.7% |
• Sotho | 3.2% |
• Ander | 1.8% |
Skakelkode | 051 |
Norvalspont is aan die Oranjerivier, 4 km stroomaf van die Gariepdam geleë in die Noord-Kaap, Suid-Afrika. Die dorpie het in 1848 ontstaan toe sir Harry Smith sy troepe oor die Oranjerivier moes neem. Daar was nie 'n brug nie en 'n Skot, ene Norval, het 'n pont gebou. Die eerste brug oor die Oranjerivier is in 1889 gebou. Die brug is in die loop van die Tweede Vryheidsoorlog opgeblaas.
Daar was ook 'n groot konsentrasiekamp vir vroue en kinders by Norvalspont tydens die Tweede Vryheidsoorlog.