Olifantsnekdam | |
---|---|
Amptelike naam | Olifantsnekdam |
Ligging | Rustenburg, Noordwes |
Provinsie/Land | Suid-Afrika |
Koördinate | 32°35′37″S 27°33′11″O / 32.59361°S 27.55306°O |
Dam in | Heksrivier |
Openingsdatum | 1929 |
Eienaar | Departement van Waterwese |
Soort dam | Boogdam |
Hoogte van wal | 30 m |
Lengte van wal | 129 m |
Bakmaat | 14 200 000 m3 |
Reservoir | Olifantsnekreservoir |
Opvanggebied | 492 km2 |
Damoppervlak | 272 ha |
Die Olifantsnekdam is geleë in die Heksrivier in ‘n poort van die Magaliesberge, sowat 15 km van Rustenburg. Hierdie dam is in 1928 vir die Olifantsnek-besproeiingsraad voltooi en beskik oor ‘n opgaarvermoë van 14 200 000 m³. Die kruin van die betonboogwal is 129 m lank en staan 30 m bo die vlak van die rivierbedding. In 1953 is die grondvore met ‘n netwerk van pype vervang waarvan die totale lengte 25 km is.
Dit is hoofsaaklik 'n besproeiingsdam en het 'n gevaarrisiko van 3.