Spele van die XXIIe Olimpiade | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Olimpiese Somerspele 1980 (Russies: И́гры XXII Олимпиа́ды, tr. Igry XXII Olimpiady), amptelik bekend as die Spele van die XXIIste Olimpiade, is tussen 19 Julie en 3 Augustus 1980 in Moskou, Sowjetunie, aangebied. Die enigste ander kandidaatstad vir die Spele was Los Angeles.
Die beslissing om die Spele aan Moskou toe te ken is deur die Internasionale Olimpiese Komitee in Oktober 1974 gemaak. Om die universaliteit van die Olimpiese Somerspele te onderstreep wou hulle dit aan 'n sosialistiese land toeken. Moskou, wat toe al oor heelwat sportinfrastruktuur beskik het, het perfek in die prentjie gepas.
As gevolg van 'n Amerikaansgeleide boikot op inisiatief van president Jimmy Carter weens die Sowjetse inval in Afghanistan neem slegs 80 lande deel, die laagste getal lande sedert die Spele van 1956. Hierdie boikot is deur die Oosblok in 1984 beantwoord toe die meeste sosialistiese lande nie aan die Spele van 1984 in Los Angeles deelgeneem het nie.
Die Olimpiese Winterspele 1980 is in Lake Placid, Verenigde State, aangebied. Die Paralimpiese Somerspele 1980 is tussen 21 en 30 Junie in Arnhem en Veenendaal, Nederland, gehou.