Opstand in die Warskou-ghetto | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Deel van die Tweede Wêreldoorlog en die Joodse Volksmoord | |||||||
Uit die Stroop-verslag: Joodse inwoners word uit hulle huise verwyder. Die oorspronklike Duitse onderskrif lees: "Met geweld uit skuilkerders gehaal". | |||||||
| |||||||
Strydende partye | |||||||
Nazi-Duitsland
Medewerkers
|
Joodse versettingsbewegings
Poolse versettingsbewegings | ||||||
Aanvoerders | |||||||
Jürgen Stroop Ferdinand von Sammern-Frankenegg (aanvanklik) |
Mordechai Anielewicz (†) Dawid Apfelbaum (†) | ||||||
Sterkte | |||||||
Amptelike daaglikse gemiddeld van 2 090, insluitende 821 Waffen-SS | Omstreeks 600 ŻOB[1] en omstreeks 400 ŻZW-vegters[2] (aanvanklik) 750-1 800 Opstandelinge (19 April), 56 000+ burgers | ||||||
Ongevalle en verliese | |||||||
Offisieel 16 dood, 86 gewond volgens die Stroop Verslag; ander skat 'n totaal van 300+ sedert 18 Januarie, insluitende 'n aantal Joodse medewerkers. | Omtrent 13 000 is op die plek dood, die meeste is na uitwissingskampe gedeporteer; 'n totaal van 56 065 word gereken (gevang en vermoor) volgens Stroop se verslag. |
Die Opstand in die Warskou-ghetto was die Joodse opstand teen Nazi-Duitsland se pogings om die oorblyfsels van die Warskou-ghetto in Pole tydens die Tweede Wêreldoorlog te elimineer.
Die belangrike voorloper van die hoofgeveg was 'n gewapende opstand teen die Duitsers en hulle Joodse medewerkers wat begin het op 18 Januarie 1943. Die hoofgeveg het geduur van 19 April 1943 tot 16 Mei van dieselfde jaar, toe 'n vasberade maar swak gewapende en sleg voorsiende weerstandsbeweging uiteindelik deur SS-Gruppenführer (toe Brigadeführer) Jürgen Stroop verslaan is.